24 Februarie
2016 Leon Rousseau, skrywer en stigterslid van Human & Rousseau, sterf op hierdie dag.
1992 De Klerk kondig referendumdatum aan
1976 Die eerste aanduidings van protes oor Afrikaans in Soweto-skole.
1968 Die Randse Afrikaanse Universiteit (RAU) word geopen.
1905 Die Nederduitsch Hervormde-kerk in Du Toitstraat, Pretoria, word ingewy deur prof. PJ Muller – die eerste predikant in Transvaal om ’n geestelike kleed aan te trek.
1900 Anglo-Boereoorlog: Geveg by Plewman’s Farm, Arundel, Colesberg.
1866 Die Nederduitsch Hervormde kerkgebou Potchefstroom word deur ds. Dirk van der Hoff ingewy.
1862 Die dorp Edenburg word gestig. Die inwoners wou die dorp vernoem na ds. Andrew Murray, maar Murray het gevra dat dit vernoem moet word na sy geboortedorp in Skotland, Edinburgh.
1851 Die NG gemeente Fraserburg gestig op die plaas Ayesfontein in die Wes-Nuwelveld-wyk van die NG gemeente Beaufort-Wes.
Stuur jou eg boerekosresep aan ons by annibrand@vonkmedia.co.za