Nuus vir die mense, deur die mense
waar ons die vonke laat spat


Nuushooftrekke: 19 Januarie 2021


Eskom sê beurtkrag voorlopig opgehef

 

19 Januarie 2021

Mikayla Bosch

 

Eskom het verlede week weer beurtkrag begin toepas.

Gedurende die afgelope 24 uur is twee opwekkingseenhede herstel, nog twee sal na verwagting ook herstel word.

 

Daar was aangekondig dat daar vanaf Maandag 23:00 uur nie meer beurtkrag sal wees nie.

 

Eskom sê nadat die opwekkingseenhede herstel is, is daar genoeg opwekkingskapasiteit om beurtkrag vir eers te staak.

 

Die kragvoorsiener sê indien beurtkrag weer toegepas moet word, sal dele van Gauteng en Noordwes slegs twee ure beurtkrag kry eerder as vier ure.

 

Die publiek word steeds versoek om krag spaarsamig te gebruik aangesien die opwekkingseenhede onvoorspelbaar is.


COVID-19 getalle vir 19 Januarie

19 Januarie 2021

Chantall Jv Rensburg

Die aantal totale positiewe (aktiewe) COVID-19 gevalle in Suid-Afrika staan nou op 192 035.

Nuwe positiewe gevalle in die afgelope 24 uur is 9 010 met 39 901 toetse wat in hierdie tyd gedoen is. Die positiwiteit-persentasie is tans 22.5%. Totale getalle tot op hede is 1 346 936.

Daar is ook 344 mense die afgelope 24 uur oorlede aan COVID-19.

Die provinsie met die meeste totale getalle is Gauteng met 364 269.

Die totale aantal sterftes in Suid-Afrika staan tans op 37 449.

1 117 452 Mense het reeds herstel van die virus. Daar is reeds 7 653 371 toetse gedoen in SA.

.


 

 



NUUSBROKKIES

Feed

19/01/2021, 12:25 PM

Vier vas vir moord op polisiebeamte se seun

19 Januarie 2021 Rachel Prinsloo Vier verdagtes, tussen 20 en 24 jaar oud, is Maandag gearresteer vir die moord op ‘n polisiebeampte van die Vrystaat, se seun. Die 31-jarige seun van die beampte, se liggaam...   More


19/01/2021, 12:13 PM

Winkeleienaar gearresteer vir die molestering van 10-jarige

19 Januarie 2021 Rachel Prinsloo ‘n 43-Jarige winkeleienaar van Mitchells Plain is Saterdag gearresteer nadat hy ‘n 10-jarige meisie molesteer het. Die 10-jarige het na die winkel gegaan om lekkers te...   More


19/01/2021, 11:35 AM

Wes-Kaapse brande geblus

19 Januarie 2021 Mikayla Bosch Reinhard Geldenhuys, hoof van die brand- en rampbestuureenheid sê die eerste brand het Sondagmiddag in ‘n digte plantasie in Paardekloof ontstaan. Daarna het nog ‘n groot brand...   More


19/01/2021, 10:17 AM

Eskom sê beurtkrag voorlopig opgehef

19 Januarie 2021 Mikayla Bosch Eskom het verlede week weer beurtkrag begin toepas. Gedurende die afgelope 24 uur is twee opwekkingseenhede herstel, nog twee sal na verwagting ook herstel word. Daar was...   More


19/01/2021, 10:17 AM

4 Prasa werknemers sterf

19 Januarie 2021 Chantall Jv Rensburg Vier werknemers van die Passasierspooragentskap (Prasa) het Maandagoggend gesterf in ‘n motorongeluk. Die voorval het op die N1-snelweg naby Ventersburg, Vrystaat...   More


19/01/2021, 10:16 AM

Pensioenaris ernstig gewond na honde hom byt

19 Januarie 2021 Rachel Prinsloo ‘n 79-Jarige man van Durban is ernstig beseer nadat drie honde hom Maandag aangeval het. Die bejaarde man het uit sy voertuig geklim om pos uit te haal toe die drie honde hom...   More


19/01/2021, 10:16 AM

COVID-19 getalle vir 19 Januarie

19 Januarie 2021 Chantall Jv Rensburg Die aantal totale positiewe (aktiewe) COVID-19 gevalle in Suid-Afrika staan nou op 192 035. Nuwe positiewe gevalle in die afgelope 24 uur is 9 010 met 39 901 toetse wat...   More


18/01/2021, 11:27 AM

Baba in veld gevind

18 Januarie 2021 Chantall Jv Rensburg ‘n Babaseuntjie, ongeveer twee tot vier maande oud, is Sondag in ‘n oop stuk veld gevind. Die seuntjie is deur gemeenskapslede gevind. Die polisie op Mthatha, Oos-Kaap,...   More


18/01/2021, 11:08 AM

Man geskiet na verdagtes aandring op alkohol

18 Januarie 2021 Rachel Prinsloo ‘n Man van die Oos-Kaap is vroeg Sondagoggend raakgeskiet, na twee verdagte mans by hom ingebreek het vir alkohol. ‘n 54-Jarige man en ‘n vriend het in ‘n huis in Motherwell...   More


18/01/2021, 11:07 AM

Rower en winkelier dood na rooftog, Vrystaat

18 Januarie 2021 Rachel Prinsloo Die polisie in die Vrystaat is besig om ondersoek in te stel, nadat hulle ‘n vermeende rower se liggaam langs die pad in Mashaeng, Fouriesburg, gevind het. Dit volg na die...   More


Older >>