Nuus vir die mense, deur die mense
waar ons die vonke laat spat

OPINIE

Suid-Afrika: Die land waar absurd, normaal is.

26 Julie 2020

Helga Swart



Meeste oggende wanneer ek verskeie nuusartikels lees, moet ek seker maak van die datum. Nie omdat ek vergeetagtig is nie, maar omdat ek daagliks artikels lees wat my laat wonder of dit nie dalk ʼn “April’s fool” grap is nie……

 Net hierdie week was daar ʼn hele paar sulke artikels. Die absurde, wat ons normaal geword het in Suid-Afrika. As jy dit dalk gemis het, deel ek graag met jou. Hier is my top 5 van die week..... Lees meer


Eendrag

10 Julie 2020
Deur Englie Botha




Vandag wil ek my net vir ‘n slag uitlaat oor die toestande van ons dorpe en paaie.

Ons moet gereed wees om weer te kan opbou en dit kan ons net bereik in EENDRAG.

Ek reis baie a.g.v die uitreike met kospakkies en die hoë aanvraag daarvoor. Die gevolg is uitreike in die rigting en omgewing van die uithoeke van Gauteng. Die behoefte vir kospakkies is enorm a.g.v die aaklige COVID-19 inperking wat veroorsaak dat ‘n magdom van ons mense hulle inkomste verloor. Tyd is dus ‘n faktor, want soveel mense moet bereik word en dan moet mens aansukkel tussen slaggate deur teen 30km per uur.
.... Lees meer